|
Vir 'n dag vol avontuur, geselligheid en gesonde
pret is 4x4 net die ding. Of jy nou gemaklik binne die kajuit van 'n
netjiese, luukse vierwiel aangedrewe voertuig sit of agterop die laaibak
moet vasklou vir jou lewe terwyl gesoute bestuurders verskeie
hindernisse aanpak, bly dit 'n lekker ondervinding. By Bergkraal 4x4
roete word voertuie en bestuurders tot die uiterste teen
styl hellings (op en af), oor en deur dongas, groot klippe en los sand
beproef. Die eienaar van Bergkraal 4x4, mnr. Frikkie van Zyl, is gedurig
besig met die onderhoud en verbetering van die verskeie hindernisse oor
die roete.
Die roete strek oor 54km en neem ongeveer 8 ure om te voltooi. 'n
Vleisbraai word halfpad onder 'n bergoorhang (met
boesmantekeninge en foofy slide van 300m) aangebied. Alhoewel die Bergkraal roete nog nie geakkrediteer is nie,
word die algemene reëls van 4x4 streng toegepas. Frikkie plaas groot
klem op die veiligheid van alle deelnemers en is orals by om te verseker
dat sake glad verloop.
Kostes beloop R150 per voertuig (voldag
roete) & R100 (halfdag roete). Motorfietse ook welkom - koste beloop R50
per motorfiets. Besprekings is noodsaaklik!
Moets & Moenies:
Bring-en-braai by boesmantekeninge of
piekniek-mandjie - hout en roosters sal voorsien word op voldag roetes ∙
Slegs 10 voertuie per dag ∙ Maksimum van 10 persone per voertuig ∙
∙ Spoordissipline moet streng nagekom word ∙ Geen skilpaaie, skape, wild
en plantegroei mag verwyder word nie ∙ Geen rommelstrooi - vullisdromme
word by sekere punte voorsien ∙ Grootwild kan by tye gesien word ∙
Toilet op roetes ∙ Boesmantekeninge op roete ∙ ∙ Vertrektye: Voldag -
09:00 & halfdag - 14:00 ∙ Groepbesprekings op enige dag van die maand is
baie welkom - minimum van 5 voertuie
saoutdoors
Free Reciprocate Links contact the
webmaster
|